SKOLE
Versterk jou personeel en ontwikkel jou leerders.
Illuminated Growth het oor die afgelope tien jaar ’n spesiale pad met skole gestap. Ons werk op verskeie vlakke in skole: met kinders, skoolhoofde, leierspanne en met personeel. Hier onder is ‘n bondige samevatting van die dienste wat Illuminated Growth op ’n gereelde basis aanbied:
Ons betrokkenheid by skole wissel om by die skool se spesifieke behoeftes aan te pas.
- Strategiese Bestuur: Sessies met die skool se bestuur om as ’n hoogs-funksionerende span te werk. NBI Profiele word gereeld hier gebruik om meer insig in die individu, sowel as die span te verkry.
- Groter personeel: Personeeldae wat verder strek as net ‘n spanbousessie. ’n Fokus op die individu self, die span en die skool.
- Een-tot-een sessies: ’n Langer verhouding. Werk met personeel om absoluut hul sterkpunte te ontdek en uit te leef in die skoolomgewing.
Onderwerpe waaroor ons gereeld personeel-sessies aanbied:
- Streshantering
- Emosionele Intelligensie
- Emosionele welstand van my span
- Kommunikasie
- Konflikhantering
- Opleiding en leierskapsontwikkeling aan jong leiers – VRL en Leerderraad. Dit is ’n groot voorreg om met jong leiers te werk.
- Inhoud fokus op selfontdekking: Identifiseer leiers se sterkpunte en groei-areas.
- Spanbou-aktiwiteite om leiergroep saam te bind en te motiveer.
Soveel kinders word gereeld aangemoedig om te leer, maar baiemaal weet hulle nie regtig hóé nie. Dit is veral die geval in huise waar ouers dalk baie besig is; of self nooit aan goeie studiemetodes blootgestel is nie. By Illuminated Growth glo ons in basiese, praktiese oplossings tot studiemetodes, sodat dit vir die leerder maklik is om self toe te pas.
Illuminated Growth bied weekliks privaat studiekursusse (sluit NBI-profiel in) vanuit ons praktyk in George aan, maar bied ook basiese studiemetodes (sluit nie NBI-profiel in nie) in skole vir ’n hele graadgroep op ’n slag aan. Op hierdie manier word kinders wat dit die nodigste het, ook aan beter studiemetodes blootgestel.
- Kursus word aangebied in graadverband
- Vol skooldag om kursus aan te bied
- Praktiese inoefening van metodes met leerder se eie werk
- Personeel teenwoordig
- Kursus-inhoud sluit in:
- Motivering
- Hoe om kernwoorde uit te haal
- Opsommings
- Tydsbestuur
- Doelwitstelling
- Hoe om vir langer vrae te leer
- Wat om te doen met vakke soos Wiskunde / Tale
Kontak ons gerus om verder te gesels oor jou skool se spesifieke behoeftes.
